Released on September 26, 2025

Thumbnail

[Verse 1]

Sy staan in jou wand

Sy raak aan jou hart

Gaan loop met jou hond

Net om te breek in die grond


[Chorus]

As jy van my lig vergeet

Wees my sonde, wees my sonde

Ek moet jou terug gee

As ons sondig, as ons sondig

Jy's soos die winter weer

In die donker, in die donker

Wind oor die see, in my kop

Oor die kranse oor en oor


[Verse 2]

Die dorp raak weer kaal

Winter son kom jou haal

Ek sal vroeër opstaan

Ek sal ons altyd vang


[Verse 3]

Ek's net 'n tweedejaar student sonder 'n kar

Jy sukkel heeltemal te lank met jou vyfjaar plan

Ek's net ‘n vierdejaar student sonder ambissie

Ondergrondse assistent, sonder 'n visie


[Chorus]

As jy van my lig vergeet

Wees my sondе, wees my sonde

Ek moet jou terug gee

As ons sondig, as ons sondig

As jy van my lig vеrgeet

Wees my sonde, wees my sonde

Ek moet jou terug gee

As ons sondig, as ons sondig

Jy's soos die winter weer

In die donker, in die donker

Wind oor die see, in my kop

Oor die kranse oor en oor