Released on December 7, 2023

Thumbnail

Kyk!

Almal, kyk

Verander die weer?

Is ons kalenders verkeerd?

En hoor!

Almal, hoor

Dieselfde kak

Oor en oor

Fok die vers

Waar's die koor?

Ek gee op

Ek gee oor

Verskoon my Frans

Vivre l'amour!

Die skerpste mes in die laai

Steek die diepste

Ons voer die algoritme ons siele

O, liewe here

Vermoor ons gode

Aanbid tegnologie

Ons verstekinstelling

Is om pyn te geniet

Ctrl+alt+delete

Geoptimaliseer

Geprogrammeer

Assimileer

Konsolideer

Paniekvlakke normaliseer

Laat jou wil geskiet

Ctrl+alt+delete