‘n Meeu vlieg oor die see

Teen die weskus, dis waar ek wil wees

Vêr weg van die stad se gejaag

En die dreun van die groot masjien

Dis nou tyd om my droom te deel

Met die een wat my ken en my hart goed verstaan

Dis net jy

Bring jou liefde en ons is vry

Wit en helder ligblou

Daar’s ‘n huisie wat ons by die see kan bou

Waar die branders breek teen die rotse

Laat my sorge verdwyn en die son langer skyn

Dis nou tyd om my droom te deel

Met die een wat my ken en my hart goed verstaan

Dis net jy

Bring jou liefde en ons is vry

Dis net jy

Bring jou liefde en ons is vry

Dis die groen van die riete wat groei in die vlei

Dis die paddas se kwaak in die lug, dis die bye

Wat soet heuning maak uit die oggend se blom

Die belofte van somer wat altyd weer kom

Dis die see, dis die sand, as die wind saggies waai

Dis die traan in jou oog wat jou hart wil verraai

Dis ‘n meisie met son op haar lyf wat baljaar

In die branders, en iemand wat skaamteloos staar

Die gesig van die maan wat hier helder oordag

Kom verskyn, sommer so, dis die wolke van bo

Dis die reuk van die grond as die reën saggies val

Dis die wind, dis die wind, dis die hemelse kind

Dis die dans in jou lyf wat my in jou laat glo

Die verhaal in jou soen, die geheim in jou oë

Dis die druppels wat val, dis ‘n groot waterval, ‘n groot waterval, ‘n groot waterval

Dis net jy

Bring jou liefde en ons is vry