Dit Is

By Casper Ace

On Saam

Released on September 11, 2016

Thumbnail

Die nuwe wêreld orde is ook nou bekend

Twee torings val, die hele wêreld staan orent

Die terroriste het die hele ding beplan

Vanuit ‘n grot in die woestyn, Afghanistan…

Dis wat die massa media vir jou laat glo

Dat jy in vrees moet leef, jou hande gooi na bo

En vra: “waar sal ons redding van die bose kom?

Regering, jy moet ons beskerm, ons is stom!”

Al die bewyse voor jou deur

Jy moet verstaan, jy moet probeer

Disinformasie, vals getuienis

Wat maak dat jy die waarheid mis

Dis als te veel, dit alles is, dit is!

Maar daar’s ‘n derde groot gebou, hy’t ook geval

Offisiële storie meer as bietjie mal

Die rommel hoop was veels te klein, die vliegtuig wrakke het verdwyn

Osama sou moet boet en sommer ook Hussein

Soldate word daar in Afghanistan ontplooi

Dis onregverdig dat die mense so moet bloei

Die strategie is wapens bou en oorlog voer, Irak se moer

Die wêreld gas-en-olie mark word só beheer

Al die bewyse voor jou deur

Jy moet verstaan, jy moet probeer

Disinformasie, vals getuienis

Wat maak dat jy die waarheid mis

Dis als te veel, dit alles is, dit is!

“Ons volg net ons bevele van die president”

Groot korporasie koalsisie-goewerment

Geweld en haat wat oral groei, terwyl biljoene dollars vloei

Die wêreld bank en cia kom jou bevry…

Maar derde wêreld skuld bly altyd onbetaal

Die eerste wêreld het sy medemens gefaal

Die ware skelms hou hul hande skoon

Hul misdaad word so goed beloon

My kinders word in hierdie wêreld groot

Jou kinders word in hierdie wêreld groot

Ons kinders word in hierdie wêreld groot

Al die bewyse voor jou deur

Jy moet verstaan, jy moet probeer

Disinformasie, vals getuienis

Wat maak dat jy die waarheid mis

Dis als te veel, dit alles is, dit is!

Dis hierdie politiek van vrees

Wat wêreld media oorheers

Disinformasie, vals getuienis

Wat maak dat jy die waarheid mis

Dis als te veel, dit alles is, dit is!